Op 'n ernstige noot

1998 November 01

Created by Adri 10 years ago
Stefan en Adri is getroud op 2008-11-01. Dis was die gelukkigste dag in albei se lewens. Adri kan onthou toe sy langs hom voor die dominee gaan staan en haar hand by sy arm indruk, het hy gebewe soos 'n riet. Toe dit kom by die ringe, het hy skelm gelag en saggies gesĂȘ 'Ek weet my ring gaan sukkel om oor my vinger te kom (sy vinger was voorheen gebreek), maar ek het Vaseline aangesmeer, hy sal oorkom vandag'. Met die teken van die register, het hy nogsteeds so gebewe dat hy amper nie eens kon teken nie. Terwyl hul gewag het vir die gaste om reg te maak met die 'streamers' het hy ernstig na Adri gekyk en gesĂȘ: 'Baie dankie my vrou, jy het my baie gelukkig gemaak vandag, ek is so bly jy is nou uiteindelik myne'

Pictures