Kampering.

Created by GROBLN 10 years ago
Stefan het dit baie geniet om saam met ons te kamp. As die wielle gedraai het, was hy daar. Ek onthou nog die eerste oggend wat ons ontbyt gemaak het en ek soos 'n korporaal vir elke een 'n takie uitgedeel het. Een maak roosterbrood, die ander spek, die een eiers en daai een dek tafel. Stefan het lekker geglimlag en gesê, is dit hoe dit hier werk en dadelik met sy takie begin. Gou het ons almal rustig aangesit en smul lekker 'n warm ontbyt geëet. Ek moet net noem hy het baie gewillig ingeval met skottelgoed was en koffie maak. Sy hande het vir NIKS verkeerd gestaan nie. Ons gaan sy lekker gesels en samesyn verskriklik mis, veral as ons weer gaan kamp, want sy plekkie gaan leeg wees. Mis jou seun.

Pictures